Ons spesiale Kersdag-skedule en -programme


Jy kan op Kersdag, 25 Desember, inskakel op ons spesiale Kersdag-programme.

Hier is ons Kersdag-skedule:

05:00 Kersstemming ( Ligte klassieke musiek in ‘n spesiale Kersstemming).

Luister onder andere na

‘n  Fantasie op “I saw three ships”  uitgevoer deur die fluitis James Galway,
‘n unieke vertolking van Simple Gifts deur die Salzedo Harp Duo,
‘n klassieke keltiese verwerking van O Holy Night gesing deur die sopraan Emer Barry van die Affiniti trio, en
die London Filharmoniese orkes met And the Glory of the Lord uit die oratorium Die Messias van Händel.

Saamgestel deur Este Gross.

06:00 Geen nuus, net temperature

06:05 Elijah (‘n oratorio van Felix Mendelssohn)

Die Duitse komponis, Felix Mendelssohn se oratorio het Bybelse tekste gebruik as basis vir sy monumentale werk, soos 1 Konings 17:19 en 2 Konings 2:1. Hy het ook ander dele uit die Ou Testament gebruik om verder by te dra tot die geestelike musikale drama wat Mendelssohn ‘n jaar voor sy dood voltooi het.

Die tweedelige werk fokus hoofsaaklik op Elijah se professië in die vorm van waarskuwings aan die volk van Israel indien hulle hul rug op God sou keer. Dit is ook daarom dat die werk open met n bekendstellingsaria van Elijah (gesing deur Dietrich Fischer-Dieskau). Daarna volg die Overture – wat die werk ongewoon maak (‘n overture word gewoontlik as openingswerk by operas en oratorios gebruik). Mendelssohn is ook van een die min 19de eeuse komponiste wat aandag aan die oratorio as genre gegee het en wat vandag nog ‘n gunsteling is. Hy was veral geinspireer deur komponiste soos Bach en Handel.

Die kunstenaars in die opname wat gebruik word, is onder andere Gwyneth Jones, Janet Baker, Nicolai Gedda en Dietrich Fischer-Dieskau. Rafael Fruhbeck de Burgos lei die Wandsworth Seunskoor, asook die Nuwe Filharmoniese Orkes en Koor.
Terrance April is die samesteller en aanbieder van die program.
Luister wat op jou wag:

 

06:50 Lewende Woorde (voorlesing uit die Bybel)

06:55 Weervoospelling

07:00 Monitor

08:00 Nuus

08:05 Loof die Here (Gewyde kersmusiek, met vrede as die onderliggende tema)

Saamgestel deur Magdaleen Kruger.

09:00 Erediens (Ds Ronald Dyers se boodskap gaan oor die ware Lig wat die wêreld verlig)

09:45 Kerswense vir 90 jaar en ouer (whatsapp-opnames)

10:00 Nuus

10:05 Kersdagboodskappe (whatsapp-boodskappe en regstreekse inbelboodskappe)

11:00 Nuus

Kersdagboodskappe (whatsapp-boodskappe en regstreekse inbelboodskappe)

12:00 Nuushooftrekke

Die Scrooge in A Christman Carol

12:05 Kersdrama ( Penniegryper: ‘n Kersfeessprokie deur Charles Dickens)

Charles Dickens

Penniegryper is Aart de Villiers en Don Lamprecht se vertaling van Dickens se A Christmas Carol.

Dit is Oukersaand en Ebenezer is ‘n suinige prokureur en knorpot wat geen sin in die feesvieringe rondom Kersfees sien nie. Hy wil skaars vir Karel Kroukamp, sy klerk, toestemming gee om tyd saam met sy gesin deur te bring. Maar dan ontvang hy ‘n paar besoekers in sy slaap wat hom laat besef wat die invloed van sy knorrigheid op ander is…

A Christmas Carol het in 1843 die lig gesien en word beskou as een van die klassieke werke uit die wêreldletterkunde. Die boek was nog nooit uit druk nie en is al vir die opera-verhoog en selfs silwerdoek verwerk.

Die spelers is onder andere André Rossouw, Ivan Abrahams, Christo Gerlach, Theresa Cloete, Randall de Jager en André Samuels. Die regisseur Joey de Koker het dié argiefopname in 1992 opgevoer.

13:00 Nuus

Nic se Krismisgoed (Nic de Jager speel musiek uit sy herinneringe aan kersfeeste)

14:00 Vers & Klank (Verse en musiek wat bemoedig en bevestig hoekom hierdie moeë mensdom, selfs na ‘n jaar soos hierdie, steeds kan sê: God is mét ons)

Ingeperk vir ons

“… a thrill of HOPE, the WEARY world REJOICES …” só lui die woorde uit die bekende “O Holy Night”. En hoe vuisvoos is ons wêreld nie na hierdie jaar nie! Hoe desperaat vir ‘n sprankie hoop.

God – die Een wat onbegrensd is, wat sonder perke is – het gekies om ingeperk te word vir ons. Om ingeperk te word binne ‘n liggaam. Met ‘n hart en ‘n siel en verstand en beperkinge … Hy kén van inperking, Hy het dit beleef en bemeester. Hy trek Hom dit toe aan, soos Petra Müller geskryf het … in al Sy breekbare broosheid. In sagte Almag. In die mees weerlose van gedaantes, dié van ‘n mens.  ‘n Babamens.  Seun van die mens.  Daar’s niks meer hulpeloos, meer nederig, meer kwesbaar as om gebore te word nie:  kaal, nie veel groter as ‘n gebakte brood nie, spartelend, soekend na asem, blootgestel aan lig en donker soos jy dit nog nooit vantevore ervaar het nie. Hy het, in soveel woorde (maar veel meer met sy dade) vir ons kom sê: Dit is, alles in aggenome, goed om mens te wees. Dit is allerverskriklik, maar dis ook ontsagwekkend.

 En dít is ons hoop! Dit is hoekom hierdie moeë mensdom, selfs na ‘n jaar soos hierdie, steeds kan sê: God is mét ons.

Kom luister 25 Desember 14:00 saam na verse en klanke wat hierdie boodskap betuig, uit alle oorde van ons land.

Chris van Niekerk, Simoné Benjamin, Dean Balie en Juanita Swanepoel gaan die gedigte voorlees.

Frieda van den Heever is die samesteller en Herman Steyn die musiekregisseur.

15:00 Nuus

15:05 Jesus is Koning (’n Gesprek oor die Kersfeesboodskap van geloof, hoop en liefde, en wat dit beteken dat Jesus as Koning gebore is).

Van bo na onder: Lizelle de Bruin met Dr Dave Viljoen, Dr Stephan Joubert en Dr Johan Pienaar

Lizelle de Bruin gesels met Dr Dave Viljoen, Dr Stephan Joubert en Dr Johan Pienaar oor die Kersfees boodskap van Geloof, Hoof en LIefde.

Daar is ook insette van Dmitri Murray, Melvina Mason en Joseph Jacobs oor hulle verstaan van wat dit beteken dat Jesus as Koning gebore is.

 

16:00 Nuus

16:05 ’n Simfonie van Kersliedere (’n program saamgestel uit twee werke: Benjamin Britten se Ceremony of Carols en Victor Hely-Hutschinson se Carol Symphony).

Saamgestel en aangebied deur Martelize Brink.

 

17:00  ’n Kersstorie (Verskeie kersstories wat deur die jare ontstaan het en verband hou met die grootste storie van almal, die geboorte van Jesus, wat ons op Kersdag herdenk)

Bekendes soos Carel Trichardt (regs), Petru Wessels (links) en Simon Bruinders (agter)en ander word gehoor.

Saamgestel deur Flip Loots. Kersfees vertel die grootste storie ooit, die van God wat mens geword het, die geboorte van Jesus Christus. Deur die jare het daar ook verskeie eietydse kersstories ontstaan wat op een of ander manier met God se storie verbind word.

Op Kersdag om 17:00 kan jy luister na van hierdie stories wat Flip Loots versamel het in die program: Bekendes soos Carel Trichardt, Petru Wessels, Lieb Bester, Simon Bruinders, prof. Piet Meiring, en ander word gehoor.

18:00 Nuus en weer

18:05 Kersfees deur die oë van ’n kind

(opnames met kinders oor hulle verstaan en belewenis van Kersfees)

Haidee Muller-Isaacs het kinders gevra HOE hulle Kersfees ervaar.

Sy het selfs ‘n draai gaan maak by ‘n kerspartytjie op Groendal, Franschhoek, waar ‘n kafee-eienaar besluit het om ‘n vroeë Kersfees spesiaal vir die behoeftige kinders te hou voor sy winkel. Dit was feestelik, die kinders het aan sak-resies deelgeneem, geskenkies ontvang en weggelê aan die lekkernye. Ten spyte van moeilike omstandighede, sien die kinders steeds Kersfees as ‘n vreugdevolle tyd.

Haidee vertel meer:

 

18:30 Kompas (Jeugprogram)

Die aanbieder is Tenita Kidelo.

Tenita vertel meer:

19:00 Nuus

19:05 Aanddiens (Ds Louis Cloete praat oor verlossing, blydskap en vrede)

19:30 Kersdag besprekingsprogram

Aanbieder is Heindrich Wyngaard. Deelnemers is Dr Alan Boesak, Lyntjie Jaars en Dr Braam Hanekom

20:00 Nuus

20:05 Dis Gospel vir Kersfees (Eenvoudige Afrikaanse en ander ou bekende gospel kersliedere van hoop, geloof en vrede).

Kersfees en die gebeure daar rondom word op ‘n nederige manier vertel.  Dit bring nuwe hoop, geloof en vrede vir die wat dit glo.

Dis juis nederige Afrikaanse-  en ou bekende kersliedere plaaslik en internasionaal, wat op Kersaand om 8-uur dié storie vertel.

Daar is ou bekendes vir saam-neurie –  en sommige wat ietwat afdwaal van die bekende wysie.

Kom luister na Kersfees-Gospel  Kersaand 8-uur die aand, saamgestel en aangebied deur Jacqui January.

21:00 Nuus en temperature


21:10 Musieksondergrense vir die Kersgety ( ‘n Wêreldreis van kersmusiek uit lande en kulture waarvan jy moontlik nog nie van gehoor het nie)

Afrika kinderkoor sing vir ons in die kersprogram die liedjie ‘betelehemu’

Musieksondergrense is ‘n program wat die luisteraar op ‘n wêreldreis neem om kennis te maak met musiek uit ander dele van die wêreld.

Kersdag se Musieksondergrense is só saamgestel, sodat jy Kersmusiek uit lande en kulture sal hoor waarvan jy moontlik nog nie van gehoor het nie. Daar is onder meer ‘n Kerslied deur ‘n Afrika kinderkoor en ‘n Franse weergawe van die bekende White Christmas.

Kom luister ook hoe klink ‘n Sweedse volksliedjie wat tradisioneel gesing word terwyl daar om ‘n kersboom gedans word, asook ‘n Italiaanse snit uit die 17de eeu wat die geboorte van baba Jesus vier.

Saamgestel deur Veronique van Heyningin.

22:00 Tjil

23:00 Geen nuus, net weer

Laataand musiek (gewone speellys)

23:55 Laataand gedagte

Hierdie val weg:

Geen: 05:00 en 06:00 en 23:00 en 24:00 nuus nie. Die tye waar Nuus gelees word, is ook effe aangepas. Die weerbulletins/temperature bly soos aagedui.

Gewone programme soos, Wakker, Alhoebekker, 360 en Spitstyd staan oor, asook alle insetsels in die skofte; asook SPEKTRUM, MIDDAGVERVOLGVERHAAL en KOMPAS, Sportprogramme en gewone kinderprogramme en GELDSAKE. IKRA sal net voor 05:00 ingespeel word