Duiselig en dronk in die kop?


Meer mense as wat mens ooit besef voel duiselig en dronk in die kop. In baie gevalle is daar mediese oorsake soos:

  • lae of hoë bloeddruk
  • lae of hoë bloedsuikervlakke
  • bloedarmoede en ystertekort
  • outo-immuunsiektes soos Crohn se siekte, reumatoiede artritis, selfs lae tiroiedvlakke
  • sommige medikasie soos sommige antibiotika en sommige anti-TB middels

Maar in baie gevalle gaan die persoon van dokter tot dokter, word die ware oorsaak nie vasgestel nie, en lewe die persoon met duiseligheid. Die duiseligheid kan akuut of langdurig wees. As dit akuut is, begin dit skielik en is dit dikwels so erg dat jy in die hospitaal beland omdat jy naar voel, en nie kan regop kom nie en bly nie.

In Gesondheid op RSG het Marí Hudson gesels met vestibulêre fisioterapeut Willemien Martin, van Pretoria.

Sy verduidelik dat duiseligheid waarvan die oorsaak moeilik gediagnoseer word, in die boogkanaaltjies van die binne-oor geleë is, en dat daar tog dinge is wat gedoen kan word om die duiseligheid te oorkom.

Luister hier na die potgooi van dié program.

Duiseligheid gaan dikwels gepaard met tinnitis en met gehoorverlies. Luister hier na die programme en lees meer oor gehoorverlies en tinnitis: