Hamertoon, knokkeltoon, platvoet, klompvoet…


Weet jy hoe ‘n bunion operasie gedoen word en hoe lank jy buite aksie sal wees en waarom? Weet jy wat kan skeefloop met jou voet as jou voetbrug te laag of te hoog is? Weet jy dat die meeste babas wat met klompvoete gebore word, nie meer operasies nodig het nie, maar dat die voete geleidik reg gedraai word?

Marí Hudson, aanbieder van Gesondheid op RSG, gesels dr. Naas Terblanche, ortopeed wat net enkel- en voetoperasies by Mediclinic Louis Leipoldt doen. Hy is ook betrokke by opleiding by die Tygerberg Hospitaal.

Luister hier na die eerste program oor bunions, platvoete, hoë voetbrug en klompvoete.

Die tweede program oor kloutone en stywe enkelgewrigte word op 14 Desember om 11.30 uitgesaai.

Enkele probleme wat in die program bespreek word

Knokkeltone/bunions
Die groottoon word na die binnekant gedruk sodat die toongewrig uitbult na die buitekant. Die oorsaak kan geneties wees – dus as jou pa of ma bunions gehad het, het jy ‘n groter kans om dit te ontwikkel – of te nou hoëhakskoene.
Die belangrikste is om die belyning van hierdie gewrig weer reg te maak.

Meer inligting oor bunions: http://www.footeducation.com/foot-and-ankle-conditions/bunions-hallux-valgus/

Platvoete
As die voetbrug te laag is, is die persoon geneig om sy hak se binnekant af te trap en spanning te plaas op die tendon wat onder om die hak verloop. Die kuitspiere word ook beïnvloed.

Lees meer oor platvoete: http://www.footeducation.com/foot-and-ankle-basics/biomechanics-of-foot-and-ankle/foot-types/characteristics-of-flat-foot/
Meer inligting oor platvoete by kinders: http://www.footeducation.com/foot-and-ankle-conditions/flexible-flatfeet/
Maar ‘n grootmens se se voetbrug kan ook inval, en dit is gewoonlik omdat die spiertendon wat agteroor die hak loop, skeur. Die eerste x-straal is hoe die voetbrug behoort te wees, en die tweede een van ‘n voetbrug wat ingeval het.

Lees meer oor die ingevalle voetbrug by volwassenes: http://www.footeducation.com/foot-and-ankle-conditions/acquired-adult-flatfoot-deformity-posterior-tibial-tendon-dysfunction/

Hoë voetbrug
Met ‘n té hoë voetbrug, trap die persoon meer aan sy buitehak af. As die voetbrug abnormaal hoog is, lei dit tot kloutone. ‘n Hoë voetbrug plaas druk op die tendon wat aan die buitekant van die hak verloop.


Lees meer oor abnormale hoë voetbrûe: http://www.footeducation.com/foot-and-ankle-conditions/charcot-marie-tooth-disease-cmt-foot-deformities/

Klompvoete
Klompvoete kan nou sonder operasies reggestel word deur dit geleidelik met gips in die regte posisie te skuif. Net spesialiste kan dit doen, want dit moet op die regte manier reggeskuif word volgens die Ponseti metode.

Lees meer oor klompvoete: http://www.footeducation.com/foot-and-ankle-conditions/clubfoot-deformity-talipes-equinovarus/

Hamertoon of kloutoon
Dié probleem onstaan meestal omdat die senings van die spiere wat die tone krom trek, korter word as die senings van die spiere wat die tone reguit hou.

Lees meer oor klourtone.

Stywe enkelgewrigte
Stywe enkelgewrigte is meestal die gevolg van osteo-artritis. Dit kan behandel word deur of die gewrig styf te maak deur æn fusie, of deur ‘n enkelvervanging.
Dit is verstommend hoe goed mense nog kan beweeg en stap ná ‘n enkelfusie, omdat die ander kleiner gewrigte in die voet steeds beweging verskaf.

Lees meer oor artritis in die enkel.

Algemene inliging

Kyk na die video om vas te stel of jy platvoete, of voete met ‘n te hoë brug:

Lees hier meer oor voettipes: http://www.footeducation.com/foot-and-ankle-basics/biomechanics-of-foot-and-ankle/foot-types/

 

Diagnose en behandeling

Die benadering tot die behandeling van voet- en enkelpr0bleme het verskuif tot ‘n benadering waar ‘n dokter na die volle sindroom kyk.

Die eerste vraag wat ‘n dokter vra, is: Is die probleem een van pyn, of van deformiteit of van verlies van funksie en wat is die verband tussen dié drie.

Pyn kan een van die volgende soorte pyn wees:

  • Meganiese pyn wat verband hou met trauma, oorgebruik, aktiwiteit, of deformiteite van die kleiner tone
  • Neurologiese pyn wat gepaard gaan met spierswakheid, ‘n brandpyn, of ‘n vae pyn
  • Inflammatoriese pyn wat gepaard gaan met swelling en gewrigstyfheid, erger is soggens, dalk beter is ná aktiwiteit of gepaard gaan met pyn in vingers.
  • Patologiese pyn wat ‘n konstante erge pyn is soos tandpyn, wat moontlik gepaard gaan met TB
  • Pyn saam met deformiteit wat vanself gebeur of na geringe trauma – dit kan dalk die gevolg wees van Diabetes.

Wat veroorsaak jou voetpyn?

Kyk na die oulike interaktiewe toepassing van jou kan help om jou voetpyn te ‘diagnoseer’: Klik hier.

 

Meer inligting

Vir goeie inligting oor voet- en enkelprobleme, besoek hierdie webwerf wat deur ortopediese spesialiste saamgestel is: http://www.footeducation.com/

Kontakbesonderhede vir Dr Naas Terblanche: (021) 949-8080, by Mediclinic Louis Leipoldt.