Ons 2e dokkie seisoen in neutedop


RSG se tweede Dokumentêre seisoen strek van 4 Julie tot 26 September 2019. Jy kan Donderdagaande om 20:00 luister.

Hier is ‘n voorsmakie van wat wag met inligting wat ons tans met jou kan deel. Die res is nog ‘n verrassing.

 

4 Julie Mariska Spoormaker n Tsitsikamma bosbelewenis met Heynie Jacobs

Net soos Daleen Matthee  die Knysnabosse vir ons oopgeskryf het, só praat Heynie Jacobs, natuurgids van die Tsitsikamma, die bos vir ons oop.

Mariska Spoormaker het op die dorpie Stormsrivier saam met Heiney gery om die Tsitsikammabos te verken

11 Julie Johan van Lill Wat is ‘n huis sonder ‘n Claerhout?

Vader Frans Claerhout sou vanjaar 100 jr oud geword het.

Dara was ‘n tyd toe almal Claerhouts verkoop en gekoop het. Maar daar was ook omstredenheid met bespiegelinge dat hy dit nie self gedoen het nie, dat dit massaproduksie deur die nonne was en dan onderteken hy net.

Sy oorspronklike vroeëre oliewerke soos Sonnevanger is egter bitter waardevol en duur.

18 Julie Jacqui January Lees is sien

Jacqui January vertel die storie van die SA Biblioteek vir Blindes wat vanjaar sy 100e bestaansjaar vier. Die biblioteek is in 1919 deur Josephine Wood in ‘n kamer in haar huis begin, en spog 100 jaar later met 24,000 boeke in hulle versameling. Tegnologie het die bandhulp vir blindes ‘n hupstoot gegee, maar die 200-jaar oue skryf en leesstelsel, Braille, is steeds ‘n integrale deel van die bemagtiging vanr blindes. Hierdie diens word sedert 1953 gratis verskaf aan siggestremde en blinde persone.
25 Julie Christelle van Tonder Tuis by die huis

Slegs 1% van die meer as 100 000 tuisonderrig leerders is by die Departement van Onderwys geregistreer.
Christelle van Tonder gesels met rolspelers, ouers, aktiviste en kinders oor tuisonderrig in Suid Afrika. Gaste gee ‘n indiepte kyk na die verskillende maniere waarop elkeen hulle kinders leer, waarom hulle besluit het om nie hulle kinders by ‘n tradisionele skool in te skryf nie en wat die tipe onderrig beteken.
1 Aug Fritz Klaaste ‘n Baie spesiale plek Woodside Sanctuary is ‘n geregistreerde PBO en NPO wat in 1955, meer as 64 jaar gelede gestig is deur Vernon en Norah Veale, na die geboorte van hul seun Barry Robin. Hulle kon nie die gedagte kleinkry om hul kind met spesiale behoeftes, in ‘n inrigting te plaas nie, en wou ‘n tipe tuisversoring hê wat hul kind ‘n gesonde en gelukkige omgewing vir gebalanseerde lewe kon bied.
8 Aug Este Gross Die kafee op die hoek

Wanneer laas het jy ‘n draai gaan maak by die kafee op die hoek? Daardie kafee in die dorp wat jou nostalgies laat voel oor taai toffies en wat die lekkerste vis en skyfies in die dorp verkoop. Gewoonlik ken die eienaar  ook al sy klante op die naam en is die winkel al vir jare in die familie. Dié soort besighede raak al hoe skaarser en is besig om stadig te verdwyn…
Este Gross besoek ‘n paar hoek kafee’s om uit te vind oor die lewe agter die toonbank, die lang ure, die kultuur en waarom al hoe minder kinders bereid is om die familiebesigheid oor te neem.
15 Aug Haidee Muller Lank Lewe Langarm

Die Geskiedenis van bruinmense se langarm-danse. Hoe het dit ontstaan, wie is daar nog oor? Watter musiek is gespeel en wie was die gewilde dansgroepe wat die musiek gemaak het. Staaltjies uit die dae van ouds.

Uiteraard is daar min van die bands se stigters oor, maar hul kinders bly nog oor om die stories te vertel. Ek wil by Nerina Brass se Appolis Familie in Worcester uitkom en ook Bobby Hendricks se familie – ook van Worcester. Hier in Distrik Ses was daar oor sulke langarm-orkes-families. EK wil by HUL kinders uitkom.

22 Aug Jody Hendricks Die verlore Springbok – die Hennie Shields storie

 

In 1982 word Hennie Shields ‘die eerste bruinspeler’ wie Curriebeker rugby vir die WP gespeel het, maar  hy het nooit amptelik erkenning gekry nie. Hy het ook vir verskillende spanne soos die Proteas teen die Britse Leeus gespeel en het met die eerste gekombineerde SA span wat oorsee gaan speel het, uitgedraf. Alhoewel hy na Springbok-proewe genooi was, is hy nooit gekies nie. Ek het in Maart twee ure lank met hom gepraat oor sy loobaan, sy verhouding met Doc Craven en die feit dat hy nooit sy droom kon bewaarheid om vir die Springbokke te speel nie.
29 Aug Hennie Maas  

Met die maan gepla

Die mensdom is al van eeue gelede af met die maan gepla en verlede maand het die wêreld die vyftig jarige herdenking van die eerste mens op die maan gevier.

Donderdagaand om 8 uur in ons dokumentêre gleuf kyk Hennie Maas met ‘n ander oog na die aarde se enigste natuurlike satelliet – die maan.

5 Sept Christelle van Tonder Proefkonyn

‘n Proefmuis?

“Proefkonyn” kyk na die gebruik van diere vir wetenskaplike navorsing.  Dié onderwerp is amper net so taboe soos politiek en seksuele orientasie. Net soos aktiviste passievol is oor hulle argument, voel die wetenskaplikes en veeartse net so sterk oor hulle siening.
12 Sept Johan Rademan Breyten Breytenbach word 80 op 16 Sept

Johan Rademan ondersoek Breytenbach se sosiale kommentaar van die verhoog af dmv dramas, al is dit net enkeles. Hy betrek ook letterkundiges/regisseurs betrek soos Martinus Basson wat Boklied getakel het. Daar is ook ‘n paar uittreksels om dit luisterbaar te maak. Sy ontwikkeling/progressiewe/regressie van protes/aktivis/politieke kommentator  tot apologeet vir minderhede word ook bekyk.
19 Sept Mariska Spoormaker Ouma leer skryf

Ouma Johanna het op 64-jarige ouderdom die eerste keer leer skryf. Maar sy is nie al ouer leerder van Despacth nie.
26 Sept Haidee Muller