Sondagsriviervallei: water in streek goed bestuur; munisipaliteit maak droog


Jou reg tot skoon water is in die Grondwet verskans, tog laat baie munisipaliteite hulle gemeenskappe in die steek wat die voorsiening van skoon water betref.

Een van die kleiner sykanale van die kanaalstelsel wat die Sondagsriviervallei met water ut die Gariepdam bedien.

Episode 13: In My Mooi Dorp gesels Mari Hudson in die eerste van twee episodes met die water-beheerders van die Sondagsriviervallei, wat dié vallei se water uiters doeltreffend bestuur, maar dat dinge dan by munisipaliteit skeef loop. Dié skema red ook tans vir Nelson Mandelabaai van Dag Zero.

Haar gaste is Mike Primmer, hoof uitvoerende beampte van die Laer Sondagsrivier Watergebruikersvereniging, en Aldré Nel, operasioenle bestuurder wat tans besig is met sy meestersgraad in Ingenierswese.

Episode 15: In die tweede episode, ontdek ons meer van die watervoorsiening van die vallei. En stel ons vas hoe dit gebeur dat die dorp Kirkwood en verskeie woongebiede soms dae lank sonder water is, al is daar voldoende water en is daar geen rede waarom die dorp, met die nodige beplanning deur die munisipaliteit, ‘n enkele dag sonder water hoef te wees nie.

 

Só vloei die water van die Gariepdam via die Visrivier en verskeie tonnels en kanale tot by die Sondagsriviervallei, waar die sitrusbedryf die tweede grootste verdiener van buitelandse valuta en die BBP van die Oos-Kaap oplewer naas die motorbedryf. Tans voorkom die water via die skema dat die NelsonMandelabaai nie Dag Zero bereik nie. Die waterbeheerders van die vallei beheer die watervoorsiening met rekord-lae vermorsing, terwyl die watervermorsing van dié noodsaaklike water veel hoër is. Voorts draai die Departement van Water en Sanitasie reeds 4 jaar om ‘n groot breuk in die hoofkanaal permanent te herstel en dít beïnvloed watervloei nadelig.

Nog ‘n skets om die watervloei van die Gariepdam tot die vallei verseker.

Vind meer uit die Laer Sondagsrivier Watergebruikersvereniging: http://www.sundaysriverwater.co.za/index.php/en/
Die waterbeheerders se kalender dui maande vooruit aan watter dae die kanale sonder water is vir instandhouding: http://www.sundaysriverwater.co.za/index.php/en/events-calendar

Ander kontaknommers:

  • Vir algemene probleme met dienslewering in jou dorp: Kontak NEASA op 0836771011, of by Info@neasa.co.za
    https://neasa.co.za/
  • As sakemense in ‘n dorp hulp soek: Kontak die Small Business Institute: Phone: 012 348 5440; Email: leandre@smallbusinessinstitute.co.za; https://www.smallbusinessinstitute.co.za/
  • Hulp met data-insameling, sekuriteit en veiligheidsaspekte: skryf aan Richard Jannsen, hoof van Paradigm Alpha epos: rich1base@gmail.com; http://paradigm-a.com/: 

Besoek die volgende webwerwe vir meer inligting oor programme, fondse en hulp met omgewingsvriendelike ontwikkeling:

– Befondsing is beskikbaar as jy parke en enige ander groen areas wil ontwikkel.

Sluit aan by My Mooi Dorp

Word deel van die gemeenskap wat verandering en hoop wil bring.
Ons sal jou ook op hoogte hou met ‘n e-nuusbrief, met skakels na inligting van jou kan help en inspireer.
Klik hier.

Luister na vorige episodes:

Episode 14:

Probleme met watervoorsiening en dienslewering is besig om ernstige afmetings aan te neem in die meeste dorpe en stede in Suid-Afrika. In dié episode raak-raak ons aan die stand van sake in Lydenburg, Johannesburg, Deneysville, Bloemfontein en Koster en vind uit waar staan samewerking tussen die private en staatsektore.

Episode 12:

Dorpe: Ontmoet die taxibaas van Kirkwood

Episode 11:

Dorpe: Cloud Jovuka – Van aktivis tot leier

Episode 10:

Dorpe: Ontmoet Sanele en Cloud

Episode 9:

Dorpe: Sitrusboere help só

Episode 8:

Dorpe: Ontmoet Kirkwood

 

Episode 7:

My Mooi Dorp: 4 dinge wat jy moet weet

Episodes 5 & 6:

Dorpe6: Hoe kan gemeenskap en munisipaliteit saamwerk?

 

Episode 4:

Dorpe: Kroonstad se plan vir samewerking en vooruitgang

Episode 3:

Elke munisipaliteit MOET dié pligte nakom

Episode2 1&2:

My mooi dorp: Jy hét baie magte